Sesdaagse Oorlog

Sesdaagse Oorlog
Deel van die Arabies-Israeliese konflik

Kaart van die gebiede wat Israel (geel) tydens die oorlog verower het (ligoranje).
Datum 5-10 Junie 1967 (6 dae)
Ligging Midde-Ooste
Resultaat Israeliese oorwinning
Gebieds-
veranderinge
Israel verower die Gazastrook en Sinaiskiereiland van Egipte, die Wesoewer (insluitende Oos-Jerusalem) van Jordanië en die Golanhoogland van Sirië[1][2]
Strydende partye
Vlag van Israel Israel Vlag van Egipte Egipte
Vlag van Sirië Sirië
Vlag van Jordanië Jordanië
Vlag van Irak Irak[3]
Aanvoerders
Vlag van Israel Levi Eshkol
Vlag van Israel Moshe Dayan
Vlag van Israel Yitzhak Rabin
Vlag van Israel Uzi Narkiss
Vlag van Israel Motta Gur
Vlag van Israel Israel Tal
Vlag van Israel Mordechai Hod
Vlag van Israel Yeshayahu Gavish
Vlag van Israel Ariel Sharon
Vlag van Israel Ezer Weizman
Vlag van Israel Shlomo Erell
Vlag van Israel David Elazar
Vlag van Egipte Gamal Abdel Nasser
Vlag van Egipte Abdel Hakim Amer
Vlag van Egipte Abdoel Moenim Riad
Vlag van Jordanië Hoessein
Vlag van Jordanië Zaid ibn Sjaker
Vlag van Jordanië Asad Ghanma
Vlag van Sirië Noereddin al-Atassi
Vlag van Irak Abdoel Rahman Arif
Sterkte
50 000 troepe
214 000 reserwes
250[4]-300 vegvliegtuie[5]
800 tenks[6]

Totale troepe: 264 000
100 000 ontplooi

Egipte: 240 000
Sirië, Jordanië en Irak: 307 000
957 vegvliegtuie
2 504 tenks[6]
Libanon: 2 vegvliegtuie[7]

Totale troepe: 547 000
240 000 ontplooi

Ongevalle en verliese
776-983[8][9] gedood
4 517 gewond
15 gevang[9]
400 tenks vernietig[10]
46 vliegtuie vernietig
Egipte: 10 000-15 000 gedood of vermis[11]
4 338 gevang[12]
Jordanië: 696 gedood of vermis[13][14][15]
533 gevang[12]
Sirië: 2 500 gedood[16][17][18]
591 gevang
Irak: 10 gedood
30 gewond
Libanon: 1 vliegtuig verloor[7]
Honderde tenks vernietig
452+ vliegtuie vernietig
20 Israeliese burgers gedood[19]
34 VSA-vlootsoldate, -seesoldate en NSA-personeellede gedood[20]
17 Sowjetse seesoldate gedood (na bewering)[21]

Die Sesdaagse Oorlog (Hebreeus: מִלְחֶמֶת שֵׁשֶׁת הַיָּמִים, Milhemet Sjesjet Ha Jamim; Arabies: النكسة, an-Naksah, "Die Terugslag", of حرب 1967, Ḥarb 1967, "Oorlog van 1967") het tussen 5 en 10 Junie 1967 plaasgevind tussen Israel en die naburige state Egipte en Sirië (toe bekend as die Verenigde Arabiese Republiek), asook Jordanië.

Betrekkinge tussen Israel en sy buurlande het in 1967 nog nie heeltemal herstel ná die Arabies-Israeliese Oorlog van 1948 nie. In 1956 het Israel die Sinaiskiereiland in Egipte binnegeval; een van sy doelwitte was om die Straat van Tiran te heropen wat Egipte sedert 1950 vir Israeliese skepe geblokkeer het. Israel moes eindelik noodgedwonge terugtrek, maar is verseker die Straat van Tiran sal oopbly. ’n VN-noodmag is aan die grens ontplooi, maar daar was geen demilitarisasie-ooreenkoms nie.[22]

In die maande voor Junie 1967 het spanning gevaarlik toegeneem. Israel het sy posisie voor 1956 herhaal dat die sluiting van die Straat van Tiran vir Israeliese skepe ’n oorlog sou veroorsaak. In Mei het die Egiptiese president, Gamal Abdel Nasser, aangekondig die straat gaan vir Israeliese skepe gesluit word en hy het Egiptiese magte aan die grens met Israel gemoboliseer. Op 5 Junie het Israel ’n reeks lugaanvalle op Egiptiese vliegvelde uitgevoer. Die vraag oor watter kant die oorlog begin het, is een van ’n paar omstrede kwessies van die konflik.

Die stertgedeelte van 'n Egiptiese MiG-19 wat in die lugaanval vernietig is.

Die Egiptenare is onkant betrap en feitlik die hele Egiptiese Lugmag is vernietig, terwyl Israel net ’n paar verliese gely het. Die land het terselfdertyd ’n grondaanval op die Gazastrook en die Sinaiskiereiland van stapel gestuur, wat die Egiptenare ook onkant betrap het. Ná aanvanklike teenstand het Nasser gelas dat die Sinai ontruim word. Israeliese magte het weswaarts agter die Egiptenare aangestorm. Die Israeli's het hulle groot verliese toegedien en die Sinai verower.

Jordanië het ’n week voor die oorlog ’n verdedigingsverdrag met Egipte gesluit; die ooreenkoms het voorsiening daarvoor gemaak dat Jordanië in geval van oorlog nie ’n aanvallende rol sou speel nie, maar sou probeer om Israeliese magte te keer om grondgebied te verower.[23]

Sowat ’n uur ná die Israeliese lugaanval het Kaïro die bevelvoerder van die Jordaniese weermag opdrag gegee om Israel te begin aanval; in die aanvanklik verwarrende situasie is aan die Jordaniërs gesê Egipte het die Israeliese lugaanvalle afgeweer.

Egipte en Jordanië het op 8 Junie op ’n wapenstilstand besluit en Sirië op 9 Junie. ’n Ooreenkoms is op 11 Junie met Israel onderteken. Israel het die Egiptiese, Siriese en Jordaniese weermagte verlam – hulle het meer as 20 000 soldate gedood en self minder as 1 000 verloor. Die Israeliese sukses was die gevolg van ’n goed voorbereide en uitgevoerde strategie, die swak leierskap van die Arabiese state en slegte militêre leierskap en strategie. Israel het die Gazastrook en Sanaiskiereiland van Egipte afgeneem, die Wesoewer insluitende Oos-Jerusalem van Jordanië en die Golanhoogland van Sirië. Israel se internasionale aansien het in die daaropvolgende jare baie gestyg. Sy oorwinning was ’n vernedering vir Egipte, Jordanië en Sirië, en het daartoe gelei dat Nasser verleë bedank het; hy is later in sy amp herstel ná protesoptogte in Egipte oor sy bedanking.

Die spoed en gemak van die Israeliese oorwinning het later gelei tot ’n gevaarlike oormoed in die Israeliese weermag, wat bygedra het tot aanvanklike Arabiese suksesse in die daaropvolgende Jom Kippoeroorlog, hoewel Israeliese magte eindelik sukses behaal en die Arabiere verslaan het. Die ontheemding van burgerlike bevolkings weens die oorlog sou langtermyngevolge hê, want 300 000 Palestyne het uit die Wesoewer gevlug en sowat 80 000 Siriërs het die Golanhoogland verlaat. Joodse minderheidsgemeenskappe dwarsoor die Arabiese wêreld het gevlug of is verban.

  1. "Milestones: 1961–1968". Office of the Historian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 30 November 2018. Between June 5 and June 10, Israel defeated Egypt, Jordan, and Syria and occupied the Sinai Peninsula, the Gaza Strip, the West Bank, East Jerusalem, and the Golan Heights
  2. Weill, Sharon (2007). "The judicial arm of the occupation: the Israeli military courts in the occupied territories". International Review of the Red Cross. 89 (866): 401. doi:10.1017/s1816383107001142. ISSN 1816-3831. On 7 June 1967, the day the occupation started, Military Proclamation No. 2 was issued, endowing the area commander with full legislative, executive, and judicial authorities over the West Bank and declaring that the law in force prior to the occupation remained in force as long as it did not contradict new military orders. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  3. Krauthammer 2007.
  4. Oren, Michael B. (2002). Six Days of War: June 1967 and the Making of the Modern Middle East (in Engels). Oxford University Press. p. 171. ISBN 9780195151749.
  5. Tucker, Spencer C. (2015). Wars That Changed History: 50 of the World's Greatest Conflicts: 50 of the World's Greatest Conflicts (in Engels). ABC-CLIO. pp. 540–541. ISBN 9781610697866.
  6. 6,0 6,1 Tucker 2004, p. 176.
  7. 7,0 7,1 Griffin 2006, p. 336.
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Israel Ministry of Foreign Affairs
  9. 9,0 9,1 Gawrych 2000, p. 3
  10. Zaloga, Steven (1981). Armour of the Middle East Wars 1948–78 (Vanguard). Osprey Publishing.
  11. El Gamasy 1993 p. 79.
  12. 12,0 12,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Israel Ministry 2004
  13. The Six Day War 1967: Jordan and Syria. 20 Februarie 2013. ISBN 9781472801975. Besoek op 6 Januarie 2018. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  14. Warfare since the Second World War, deur Klaus Jürgen Gantzel, Torsten Schwinghammer, p. 253
  15. Wars in the Third World since 1945, (NY 1991) Guy Arnold
  16. Tucker, Spencer C. (2010). The Encyclopedia of Middle East Wars. The United States in the Persian Gulf, Afghanistan, and Iraq Conflicts. ABC-CLIO. p. 1198. ISBN 978-1-85109-947-4.
  17. Woolf, Alex (2012). Arab–Israeli War Since 1948. Heinemann-Raintree. p. 27. ISBN 978-1-4329-6004-9.
  18. Sachar, Howard M. (2013). A History of Israel: From the Rise of Zionism to Our Time. Random House. ISBN 978-0-8041-5049-1.
  19. Oren, pp. 185–87
  20. Gerhard, William D.; Millington, Henry W. (1981). "Attack on a SIGINT Collector, the USS Liberty" (PDF). NSA History Report, U.S. Cryptologic History series. National Security Agency. partially declassified 1999, 2003.
  21. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ginor
  22. Major General Indar Jit Rikhye (28 Oktober 2013). The Sinai Blunder: Withdrawal of the United Nations Emergency Force Leading... Taylor & Francis. pp. 8–. ISBN 978-1-136-27985-0.
  23. Mutawi 2002, p. 183.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search